Wednesday, 21 February 2018

4th Grade, a Dinosaur and Wine....

Okie dokie, 2018 is volstoom aan die gang. So in my huis is daar 'n 10 jarige wat gr 4 is, 'n 5 jarige in die Dinosaur klas, en 'n mamma wie se stresvlakke deur die dak is.



Gr 4...what the fudge?? When I was in (the old) standard 2, I never had to do an oral about the moral dilemma of animals in a cage or had to know the difference between man-made and natural structures for animals to live in. My poor, poor child. Having to cope with a mother that knows less about this stuff than he does.

Nou moet die arm outjie veduidelik hy voel dis verkeerd om diere in hokke te hou, terwyl hy op hierdie stadium uit sy vel spring van opgewondenheid as hy sien die sirkus is hier. Praat van sit tussen die duiwel en die diep blou see. En gister vra ek hom: "Hoe het dit toe met die tegnologie toets gegaan?"
Ek voel redelik goed, want ek weet ook mos nou daar is 'n dopstruktuur en hmmm......nog 'n ander een. Net om afgebring te word aarde toe, toe hy sê maar daar is 'n derde struktuur ook.
Okaay, mamma hoef nie als te weet nie!

So, lets talk about Social Science: History. A few week ago we (meaning me) had to do a project on a person that contributed to our country. Our choices:
Jan van Riebeeck
Gene Louw
Patricia de Lille
Helen Zille

Guess who we picked?
" En ons sê dankie vir 1652...."

FIY, die skippies was toe nie die Ryger, Tyger en Titanic nie!☹

Now for my darling, darling Dinosaur. So much to learn, so little time. Oh, the places he can go, IF  ONLY HE PRACTISE AT HOME WHAT THEY PREACH AT SCHOOL!!!

I got a lecture about manners the other day. Good manners you put away in your heart, and the bad manners goes in the dustbin.
Fantastic.
So I am not sure about the F-BOMB he dropped yesterday on the way home because I did not want to stop at the shop.
Heart or dustbin??

Maar ek bly dankbaar vir sy skooltjie, vir Juf Hannelize, Juf Manda, Juf Naldi en al die ander wonderlike mense wat oor my seuns se pad gekom het daar. Aan die einde van hierdie jaar sal ons al 7 jaar 'n pad met hulle gestap het, en ek sien op na die totsiens sê.

Maar voor dan:
Moet ek Gr 4 deurkom
Hoop ek my Dinosaur onthou waar kom watter maniere
En: gaan ek die wynbedryf van ons land 'n goeie boost gee

Soos my sus opgemerk het:
" Ek verstaan hoekom jy drink. Wat ek nie verstaan nie, is hoekom jy nie meer drink nie!!!"

Cheers!





Wednesday, 17 January 2018

New Year, New Me...blah blah blah

I'm back.
It is 2018, I just celebrated my 43rd birthday and now it is supposedly time for the new year, new me nonsense.

Ek het 'n paar dinge probeer op 1 Januarie, maar ek dink Januarie sal maar die trial maand wees en ons sal weer Februarie probeer. Manlief doen redelik goed met sy voorneme en ek kan dalk 'n ding of twee by hom leer. Maar ASSEBLIEF, moet dit net nie vir hom sê nie, want dan hoor ek nooit die einde nie...

What is a resolution?
According to the dictionary: "Resolution definition, a formal expression of opinion or intention made, usually after voting, by a formal organisation, a legislature, a club, or other group"
I understand the "intention made" part,  but the voting by a formal organisation?
Unless the voices in my head is a "formal organisation...
So a new year's  resolution actually sounds like an intervention in disguise! Organised by yourself.

Ek glo ook dat die meeste nuwe jaars voornemens op die aand van die 31ste Desember gemaak word.
Dan het almal moed vir die nuwe jaar en enige iets lyk moontlik. Vra my, ek was vas van plan om op te hou rook op 1 Januarie. Ek het na 12 dit wat oor was in die pakkie, stukkend gebreek en met groot seremonie weg gegooi. Net om die volgende aand te besef dis nie so maklik as wat ek gedink het nie.
Weereens: Januarie = proef tydperk.

Oh, and we are exercising now. We (try) to go for a walk every evening. I was super stoked, thinking we were walking about 3 km. Just for the app on my phone to inform me it is only 1.5 km. Really??
And of course I am an endless source of amusement for the boys and Dad on these walks. There is nothing more entertaining than their unfit mother trying to keep her pose, while  I am actually considering lying down and crying, right there in the street.

Maar ons sal uithou, aanhou, moed hou en bek hou. En manlief waardeer as hy elke oggend vir ons smoothies maak, wat lyk soos iets wat 'n lammetjie opgegooi het.
Dit proe eintlik beter as wat dit lyk, maar die Spirulina poeier maak dit groen. Ek bedoel, GRAS GROEN. Wathc this space, ek sal  bewyse bring.

If anybody can share their way of sticking to New Year's Resolution, please share!

So, New Year, New Me.
Whatever.


Friday, 24 March 2017

Walk Of (Cake) Shame!





So het my jongste se 4de verjaarsdag aangebreek. Die aanloop tot die GROOT DAG was vol versoeke. Wat van dag tot dag verander het!

First he wanted a "Woody" cake.
"Mamma weet mos, daai cowboy van Toy Story."
Right, I go to every mom's best friend, Pinterest. See fabulous cakes, show him options and save the ideas.
I am ready to rock and roll!

2 dae later:
Mamma, mamma, ek wil sooo graag 'n "Jan die rank" koek hê.
Huh?
"Daai ou wat met die plant opgeklim het!"
Oomblik van helderheid. Jan en die Boontjierank!

Ok, but what about Woody?
No, Jack is the man of the moment.
I have a sleepless night, wondering how the hell I am going to pull this one off.

Voor ek nog enige idees het, en die dag voor ek die koek moet maak, vra ek baie versigting:
" Boeta, is jy opgewonde oor jou Boontjierank koek?"
Vir 'n oomblik kyk hy my aan of ek heeltemal die plot verloor het.
"Nee, ek het mos gesê ek soek 'n Shrek koek!"

????
Did I miss something? Did I dream about the Jack and the Beanstalk cake?
But as every mother of a 4 year old knows, they change their minds more often than a women with PMS.

"En die koek MOET Shrek, Fiona, Donkey en die kat op hê".
Goed, so binne 24 uur moet ek nou 4 karakters uit die hoed pluk.
Plastiek? Nee, dalk probeer een van die maatjies dit eet.
Fondant? Ja, ek het mos die skills om perfekte weergawes van die genoemdes te maak. NOT!
My brein werk ooryd.

Monday morning.
I wake up in excruciating pain. Go to work, 2 hours later I am at the doctor.
Booked of for 3 days.
Maybe not a bad thing, gives me time for the cake!

Of nie. Soos die dag vorder, kan ek skaars opstaan.
Plan B: Koop die koekmengsel en laat druk 'n prentjie op versiersuiker papier.
Laat sak my kop in skaamte oor hierdie kortpad.

Cake is baked, and I ice the cake. Looking at it, I am sure the pain meds iced the cake, not me.
I feel like a failure. Bad mom. Horrible mother.

Woensdag besluit die dokter dis 'n goeie idee om my in die hospitaal te laat opneem.
Ek huil die hele dag, dis dan my jongste se verjaarsdag!!
Gelukkig is die koek die oggend skool toe, vir sy klaspartytjie.
Ek lê in die hospitaal myself en jammer kry.

I am sure I scarred my son for life with this cake.
The evening dad brings the boys to visit.
I am sure they will be upset to see me  lying there with a drip.
No, they can not wait to buy something from the vending machine.

Ek skraap al my moed bymekaar en vra vir jongste hoe sy dag was.
Hy kyk na my met blink ogies en sê:

"Mamma, dit was die mooiste, beste en lekkerste koek wat ek ooit gehad het!"

I went to sleep with a song in my heart that night.

Tuesday, 28 February 2017

Somewhere Over The Rainbow Cupcakes


My oudste word 9. Op 'n Sondag. So, die partytjie sal op die Saterdag wees. Soos vorige jare kry hy die keuse: duur geskenk of duur partytjie.

The previous year he chose the expensive gift, so my heart drops when he decides this year it is time for a party. Now, in the last couple of months he has been to a trampoline party at a big, indoor trampoline park, a lazer tag party and a sand-boarding party. How will I ever compete with that?
Not that I try to keep up with the Jones, but a Spur party does not sound very tempting, no matter how we try to sell it to him!

Gelukkig het Pappa 'n brainwave: ons vat die kids na 'n polulêre "Family Toboggan Park" hier om die draai. Ouboet en sy maats geniet hulle gate uit en Kleinboet bly nie agter nie.
Mamma neem ook deel aan die pret, maar besef die volgende dag sy is 42, en nie 22 nie! Ek het seer op plekke wat ek nie geweet het ek het nie.

Ok, party done and dusted, I am off the hook for another year, and time to relax. Or so I thought.
Oldest comes to me and asks what about cake or party packs for school? I look at him as if he is speaking foreign to me.

"Maar mamma, ALMAL bring koek skool toe as hulle verjaar".
"Maar jy verjaar op 'n Sondag!"
"Dit maak nie saak nie, ek kan dit Maandag vat."

I do not wish to make my son a social pariah, so I agree, reluctantly.
Plain and simple vanilla or chocolate cupcakes should do the trick.
Shock and horror! How dare I suggest this?

"Maaaa, die cupcakes moet 4 kleure wees, so deurmekaar en die icing ook."
Oh happy days...

So , Sunday evening I did my motherly duty and baked rainbow cupcakes, and iced them with rainbow icing. Quite pleasant on the eyes, but according to Pinterest the icing remind some people of unicorn poop!

Happy son, Happy mom. But a not so happy youngest, because why isn't he getting cupcakes for school?

Probeer jy nou 6vm in die oggend vir 'n 3 jarige (amper 4) veduidelik dat hy syne sal kry as hy oor twee weke verjaar. Dan wonder mens of dit regtig so verkeerd sal wees om wyn in jou travel mug te sit vir die pad skool toe?

Vir die van julle wat dalk ook die behoefte het om die takie aantepak, so het ek my reënboog cupcakes gemaak:

Maak jou eie flatervrye, beproefde vanilla cupcake mengsel aan (ja, die in 'n pakkie werk ook!)
Verdeel dit in 4 bakke en kleur die deeg in elke bak 'n kleur van jou keuse.
Skep lepelsvol van elke kleur in die cupcake koppies, bv blou onder, dan rooi, geel en groen.
Bak tot gaar.

Dieselfde geld vir die versiersuiker.
Maak 'n basiese botterversiersuiker aan.
3 koppies versiersuiker vir elke 125g wit margarien werk vir my.

Deel in 4 bakke, kleur elke bak 'n ander kleur.
Skep al die kleure in een spuitsak sak en laat die Cake Boss in jou uitkom!

Happy baking!

Friday, 24 February 2017

Kids & Food - A Catastrophe of Epic Proportion!

Woolworths, 6 pm on a ordinary Wednesday night. I am leisurely strolling down an aisle, when all of a sudden I hear a sound that trigger memories of Madame & Eve:

Mielieeeeees!
 Ek volg die klank, en vind my jongste waar hy 'n pak groenmielies teen sy bors koester.
" Dis wat ek vanaand gaan eet, mamma!" Dit doen my moederhart goed, want ten minste kies hy groente.

We get home, and I, being the good mother I am, asks what he wants with his mielie.
"Nothing, I am eating just a mielie tonight". Okaaay.
He feasts on his mielie, and just as we are getting ready for bed, he comes to me.

"Ek is honger, jy het vanaand net vir my 'n mielie gegee". Dis een van daardie oomblikke wat ek vrees vir die lewe van my kinders, veral die een wat nou voor my staan!. Die uiteinde? 'n Grondboontjiebotter broodjie. met botter op, asb.

Nou kom ons by my liewe oudste. Ek wil graag hê dat hy kaassmeer moet proe, want die verskeidenheid vir die skool kosblik raak min.

"Ouboet, kom proe gou hier." Hy kom versigtig nader, en kyk die lepeltjie baie skepties aan.
"Mamma, ek dink nie so nie."
Ok, ek gee jou R10 as jy proe."

At this point I am not ashamed to try bribery.
He takes the spoon, and with his lips only, takes the tiny bit of cheese spread.
With it barely touching his teeth, he looks at me with tears in his eyes, and spits it out.

Mens sou sweer ek het die arme kind probeer vergiftig!
" Waar is my geld, ek het mos nou geproe!"
Omdat 'n ma van skuldgevoel aanmekaar gesit is, betaal ek maar.
So die kaassmeer is duidelik nie op die spyskaart vir skool broodjies nie.

Now we go to my in-laws. Oupa is making liver cakes.
He tells Ouboet to try one.
He scoffs it down, and ask for two more.
Whaaat?

Jy weier om kaassmeer te eet, maar lewerkoekies en eiervrug? Gunstelinge op die oomblik.

Waar, o waar het ek fout gegaan? Soos gewoonlik sal ek my maar aan die slaap huil vanaand, want duidelik faal ek my kinders met hul gastronomiese opvoeding!!

Tuesday, 21 February 2017

Plum Tarte Tatin in an upside-down household!

In-laws are coming to dinner. Dessert to impress them? After 10 years of being martried to their son, I still want to be the "perfect" daughter -in-law and hostess!

Gelukkig is daar vars pruime in die huis (dankie skoonpa!) en ek dink dat die rook trek. Iets eenvoudig om te maak, maar wat tog vreeslik deftig klink en lyk soos iets wat 'n Koekedoor / Masterchef deelnemer sal maak.

Lightbulb! Plum Tarte Tatin!! Easy to make, but oh so impressive to say and look at.

9 vars pruime, suiker, botter, suurlemoensap, vanielje en neut. Check!
Blaardeeg? Dankie tog vir "ready made", want wie het die lus of krag om op 'n Sondag middag blaardeeg van scratch af te maak.

After serving my delicious oxtail (according to all my guest, but then again my husband always know the right thing to say!) I bring out the piece de resistance.

Plum Tarte Tatin, served with whip cream.

In my onderstebo huishouding is die onderstebo pruim tert heel gepas!

En ek is weereens die skoondogter waarvan elke skoonma gedroom het!

Ek, 'n Blogger?

Wat het my besluit om my eie blog te begin? Ek hou daarvan om nuwe resepte te probeer en vandat ek die fliek “Julie / Julia” gesien het , was dit my droom om my eie kos-blog te hê. Nog ‘n fliek wat my inspireer het, was “Alles wat Mal is”! Ek glo elke ma, hetsy werkend of tuis-bly, het uitdagings in die kombuis, en probeer “sanity” behou in ‘n huis waar alles mal is!
With this blog, I will share my journey into trying new recipies, whether they are sucsessful or not! I will share my trials and tribulations, and the reactions I get from loved ones. Especially my biggest critics – my loving husband and 2 boys.
My grootste uitdaging is om kreatief te wees met etes vir die seuns. Op die ouderdom van 9 en 4, is hulle gunstelinge beperk to 2 Min noodles, chicken nuggets, visvingers en roereier!
So, come with me and enjoy the life of a working mother who aspire to be a great chef!